Local newsNews

Hoe gemaak om pryse met Ou Joe los te slaan

Wees 'n wenner met Ou Joe. Om in aanmerking te kom vir die gawe pryse met elke uitgawe van Laevelder, moet lesers deelneem aan die versameling van 26 afbeeldings van Ou Joe.

Daar word een in elke uitgawe van die koerant tot aan die einde van Oktober, versteek. Soek hom, sny hom uit en plak hom op die spesiale versamelkaart wat reeds verlede Vrydag by die koerant ingesluit was.

Sou jy ‘n bietjie laat wees, is daar nog uitgawes met die versamelkaart en die eerste mannetjie by die kantore van Laevelder beskikbaar. Sou jy ‘n uitgawe met ‘n mannetjie misgeloop het, kan jy dit ook na die tyd daar gaan koop.

Indien jy so gelukkig is om ‘n spesiaal gemerkte mannetjie te sien, kan jy hom ook inbring – met jou versamelkaart op datum – en een van ons lekker pryse losslaan. Daar is net een prys per uitgawe.

Koop dus jou koerant vroegtydig en soek jou mannetjie. Al is dit nie ‘n gemerkte mannetjie nie, moet jy steeds jou versamelkaart op datum hou om moontlik met ‘n volgende uitgawe die gelukkige wenner te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button