Local newsNews

Marlothpark se seniors kuier weer heerlik saam

Die park se seniors het verlede Woensdag heerlik onder die bome gekuier tydens 'n oggendtee wat deur Solidariteit Helpende Hand, Henk van Rooyenpark se bestuur en die Marlothparkse Eiendomeienaarsvereniging (MPPOA) gehou is.

MARLOTHPARK – As die begin van ‘n nuwe maandelikse instelling, is die park se seniors na ‘n oggendtee by Henk van Rooyenpark genooi verlede Woensdag.

Die oggend is deur Solidariteit Helpende Hand, Henk van Rooyenpark se bestuur en die Marlothparkse Eiendomeienaarsvereniging (MPPOA) aangebied.

Die groep is deur plaaslike sangeres, Sanet van Greunen, vermaak.

Die MPPOA het die oggend geborg, maar hoop nog borge sal na vore kom om die projek volhoubaar te maak.

LEES: Helpende Hand kuier lekker saam met Marloth-seniors

Bestuurslede het die seniors met raad en leiding oor verwikkelinge in die park bygestaan en om meer duidelikheid te gee oor die rol wat die MPPOA speel.

Die organisasie verteenwoordig al die huiseienaars in Marlothpark en het seniors gemotiveer om lede te word. Dit sal die organisasie groter sê gee as hulle die munisipaliteit oor sake nader wat die park raak.

Dennis Goffinet, voorsitter van die vereniging, het gemeenskapslede aangespoor om saam te staan sodat hulle meer invloed kan uitoefen ten opsigte van al die uitdagings.

Die MPPOA luister na die klagtes en voorstelle van al hul lede en hanteer dan sake van algemene belang om verandering te weeg te bring.

READ: Organisation reports on progress in Marloth Park

Dit is nie ‘n maklike taak nie en dit word deur vrywilligers behartig. Almal is na die MPPOA se vergaderings op Saterdagoggende uitgenooi en elkeen wat donasies vir die tee gegee het, is bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button