Local newsNews

Spog met jou talent en slaan ‘n groot prys los

Deel jou talent op sosiale media, onthou om jou pos met #droomgroot17 te 'tag', en jy kan dalk R10 000 wen.

Is jy jonk, kreatief en passievol om jou drome te verwesenlik?

As jy ‘n leerder tussen gr. 8 en 12 is, het jy die kans om jou talente in Afrikaans in die #droomgroot17-talentkompetisie ten toon te stel.

Jy kan kies hoe jy dit doen, die enigste vereiste is dat jy voor 31 Oktober ‘n video van jouself in aksie op sosiale media laai, die hutsmerk #droomgroot17 gebruik en Afrikaans.com in jou pos tag.

Leerders kan kies hoe hulle met hul talent wil spog. Dit kan wees deur ‘n gedig voor te lees, ‘n liedjie te sing, te dans of selfs om die beoordelaars met kletsrym te beïndruk.

Drie inskrywings sal na die sluitingsdatum geïdentifiseer en die deelnemers gevra word om ‘n motivering te skryf van hoe hulle die prys ter waarde van R10 000 sal aanwend om hulle drome waar te maak.

Die leerder met die beste motivering, wen die prys. Die algehele wenner kies wat die prys moet behels.

Dit kan ‘n kitaar, kort musiekkursus, ‘n skryfkursus of enigiets anders wees. Afrikaans.com sal die aankope of betaling namens die leerder doen en die prys aan die wenner oorhandig.

So, julle sal moet opskud, die tyd is min en R10 000 is nie te versmaai nie!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button