Local newsNews

Haelstorm: Lesers deel pragfoto’s

'n Sterk haelstorm het die dorp en omliggende gebiede Sondag uit die bloute getref.

MBOMBELA – Na die naweek se reën kan inwoners nie verdere skade aan hul eiendom hierdie week verwag nie.

Verskeie versekeringsmaatskappye het minute voor die storm toegeslaan het ‘n waarskuwing uitgestuur dat hael op pad was, en inwoners liefs hul voertuie onderdak moes trek.

Die gebiede rondom Steiltes is die swaarste deur die haelkorrels getref, wat hul plante plek-plek deels vernietig het, en ander s’n kortstondig in ‘n wonderwêreld verander het waarin hul kinders kon baljaar.

Foto: Mandie Marais
Foto: Corné Vosloo
Foto: Johanri de Jager
Foto: Johanri de Jager
Zhane Nkuna.
LVCC. Foto: Charl Christian Christensen
Foto: Corné Vosloo
Foto: Michelle Tonkin
Foto: Esmeralda de Almeida
Foto: Esmeralda de Almeida
Foto: Charl Paul Bruwer
Foto: Stephany Milligan

Hoewel dit Maandagoggend weer goed gereën het, kan inwoners hierdie week beter weer verwag – hoewel dit vandag nog koel en nat sal wees, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) bevestig.

Geen reën is vir Woensdag of Donderdag voorspel nie.

Verskeie inwoners het hul skade op Facebook gedeel.

Desiree van Breda het laat weet dat al haar nuwe plante en struike aan flarde geskeur is in Stonehenge. In dieselfde area is Jolandie Horn se gazebo stukkend geslaan. Maryna Janse van Rensburg het laat weet dat hulle net buite Mbombela, in die rigting van Barberton, 20mm reën gekry het.

Sien ook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button