Potloodspruit plaasaanval: Boer sterf
"Sy hart was net te swak," het Cross gesê.

LYDENBURG – Andries Steenkamp (76), wat gisteroggend (Donderdag) aangeval en drie keer geskiet is, is dood.
Hy het gebly op ‘n plaas in die Potloodspruit area ongeveer 7km uit die dorp.
Steenkamp is deur drie rowers in sy slaapkamer op die plaas oorval.
Volgens Kapt. Kaizer Moela, SAPS Lydenburg se woordvoerder, het ‘n oor-en-weer skietery onstaan en het die rowers op die vlug geslaan.
Al drie het klapmusse gedra.
Hy is tydens die voorval in die kuit, bobeen en sy geskiet.
Geen verdagtes is nog aangekeer nie.
Charmaine Cross, Steenkamp se broerskind, het dié hartseer nuus kort na 04:00 vanoggend aan die koerant oorgedra.
“Sy hart was net te swak,” het Cross gesê.
