Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNews

Daar was weer tot laatnag saam gekuier by die bekende Plaashuis, saam met bekende mense

Burgersforters was nie net bederf met 'n optrede van Jakkie Louw af nie, mar sy neef Ramey Short, beter bekend as Quinton Meyer van die gewilde KykNet reek Binnelanders, het hom vergesel.

BURGERSFORT – Jakkie Louw het die meisies se harte vinniger laat klop met sy sprankelende persoonlikheid, maar gelukkig was die bekende dokter Quinton Meyer van die gewilde KykNet-reeks, Binnelanders byderhand indien daar ‘n “noodgeval” sou wees.

Dit is nie die eerste keer wat Burgersforters die voorreg gehad het om vir Jakkie Louw op die Plaashuis se verhoog te sien nie. Volgens hom is die Plaashuis die plek waar hy tuis voel en ry hy sommer regguit soontoe as hy dié dorp besoek. Hy het Saterdagaand weer ou bekende en ook ‘n paar nuwe snitte gesing. Die Plaashuis was soos altyd volgepak met toehoorders wat uit volle bors saam gesing het.

Hierdie besoek het egter ‘n kinkel in die kabel gehad. Ramey Short, beter bekend as dr. Quinton Meyer van Binnelanders het saam met sy neef Jakkie kom kyk wat in die dorp aangaan. Natuurlik kon die vroue nie wag om hierdie jong aantreklike televisiepersoonlikheid in lewende lywe te ontmoet nie. Die twee het tot laatnag saam met die gaste gekuier.

Jakkie Louw en Ramey Short het ‘n paar minute van hulle tyd afgestaan om ‘n kort video-onderhoud met die joernalis van Steelburger/Lydenburg Nuus te hê.

Volg hierdie skakel om die video te kyk, https://www.youtube.com/watch?v=s5ZdjLYPDVQ of besoek ons by www.steelburgernews.co.za en kyk onder video’s.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button