Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNews

Lydenburg-stemme weerklind deur SA

Bronkhorst tree vanjaar uit as afrigter van die kore. Sy het Woensdagmiddag van die hoërskool se koorlede by die skool afskeid geneem.

LYENBURG – Hoërskool Lydenburg asook Laerskool Lydenburg se kore het rede om na Saterdagaand se finale deelname aan Sing in Harmonie, breëbors rond te stap. Die kore het onderskeidelik tweede en derde geëindig in hul kategorieë in hierdie grootste skoolkoorkompetisie in Suid-Afrika, gemeet aan televisieblootstelling, pryspakette en die getal inskrywings.Honderde kore van laer- en hoërskole vanoor die hele land ding hier mee. Sing in Harmonie is Anthonie Bougas van Supersterre-faam se breinkind en hy is ook die aanbieder van die program.

Laerskool Lydenburg se senior koor het met hul eerste deelname aan die kompetisie na die eindronde deurgedring.Die skool is tydens die agtste episode van Sing in Harmonie (kykNET Nou – DStv-kanaal 146) as die wenners van die formele afdeling aangewys.

Hoërskool Lydenburg se koor het ook tot die eindronde in die afdeling vir hoërskole deurgedring en so byna-byna met die louere weggestap.

Suzaan Bronkhorst, afrigter van die kore het die deelname aan Sing in Harmonie as volg beskryf. “Met ons deelname glo ons dat die boodskap vanjaar verder as die Laeveld sal trek. Ek glo musiek kom van die Here en as mense deur ons koorsang ‘n roering in hulle harte ervaar, het ons bereik wat ons wou.”

Bronkhorst tree vanjaar uit as afrigter van die kore. Sy het Woensdagmiddag van die hoërskool se koorlede by die skool afskeid geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button