Só lyk die Laeveld se damvlakke
Waterbeperking vir besproeiing is reeds geïmplementeer.

Ondanks verspreide donderbuie die afgelope week, is daar steeds ‘n drastiese daling in die streek se damvlakke.
Volgens die departement van water en sanitasie se weeklikse damverslag, het slegs Nooitgedacht- en Vygeboomdam se vlakke die afgelope week gestyg. Witklip-, Kwena-, Da-Gama- asook Inyaka-dam, het elk met ongeveer 1 % in die afgelope week gedaal.
Daar word verwag dat bo-gemiddelde reën teen die einde van die somer en vroeë herfs kan verwag word, wat gepaard kan gaan met bo-gemiddelde temperature.
Dit lyk egter asof die reën tot dan sal wegbly.
Lees meer: Damvlakke daal steeds skerp ondanks onlangse reën
Klinklare bewyse van ‘n reeds kommerwekkende ondergemiddelde reënval vanjaar is die Laeveld se damvlakke.
Waterbeperking vir besproeiing is reeds geïmplementeer.

