Local newsNews

Nellie-koor maak glansryke debuut

Laerskool Nelspruit se junior koor het Sondag hulle debuut op die kassie van kykNET se Sing in Harmonie-kompetisie gemaak. 

MBOMBELA – Nellies is na afloop van die finale ronde wat September in Krugersdorp plaasgevind het, na die regstreekse uitsending uitgenooi. In Krugersdorp het die juniors algeheel tweede geëindig.

Die senior koor het met die louere vir die beste nie-Afrikaanse lied in die Wes-Rand weggestap.
Die span van kykNET NOU! het in April ‘n opname van Nellies se kore kom maak.

“Dit was ‘n wonderlike geleentheid vir die kinders en die skool – nie net vir die blootstelling nie, maar ook die ervaring wat elke koorlid geniet het.

Dit is ‘n voorreg om hierdie leerlinge lief te maak vir koormusiek. Dankie aan kykNET dat ons deel van die Sing in Harmonie kon wees,” het Nellies se koorleier, Isabel van Veenhuyzen gesê.

Albei Laerskool Kruinsig in Kempton Park se kore is vanjaar se die wenners gekroon.

“Die kompetisie het geweldig gegroei hierdie jaar. Kore wat deurdring na die regstreekse finaal, is op ‘n hoë standaard en harde werk spreek vanself. Ek dink Sing in Harmonie skep ‘n nuwe platform vir kore regoor ons land,” het die aanbieder, skrywer en vervaardiger van dié gesogte jaarlikse kompetisie, Anthonie Bougas gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button