Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNews

Tweede nagmark vir AGS reuse sukses

AGS Bathesda het Vrydagaand vir die tweede keer 'n nagmark met oorgenoeg aktiwiteite en smullekker eetgoed aangebied

STEELPOORT – Na die sukses van die eerste nagmark wat verlede maand aangebied is, het die plaaslike AGS-gemeente besluit om weer so te maak, maar hierdie keer groter en beter.

Daar was ‘n verskeidenheid stalletjies, elkeen wat unieke produkte gebied het. Vir die waaghalse was daar rissiesouse, vir die soettande liplekker gebak en vir die honger magies lekker tradisionele eetgoed soos pannekoek.

Vir leerders wat by Steelpoort Akademie skoolgaan was daar iets spesiaal opsy gesit. Twee van hul onderwysers, Armin Maritz en Norman Jordaan is met kleefband teen ‘n muur vasgeplak. Lengtes kleefband van een meter was te koop vir R10 stuk. Teen die einde van die aand het beide die manne aan die muur gehang.

Adri van Rooyen, ‘n plaaslike kunstenaar het gesorg vir vermaak deur ou bekende liedjies te sing en op die kitaar te tokkel.

Die fees was tot laatnag aan die gang met baie meer mense wat by hierdie tweede aanbieding deur die hekke gestroom het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button