Entrepreneurs-vaardigheid word vroeg-vroeg by Waterval CVO-skool geslyp
Leerders van die skool het verlede Woensdag 'n voorsmakie gekry van hoe dit is om jou eie besigheid te bestuur

Ruilhandel is iets wat van die Bybelse tyd af dateer. Nie net is dit pret vir kinders om lekkernye en produkte te koop en verkoop nie, maar daar skuil ‘n les agter al die pret en plesier.
Lees ook oor sport: https://steelburgernews.co.za/258634/waterval-cvo-5/
Op entrepreneursdae leer kinders hoe om met geld te werk. Vir diegene wat ‘n stalletjie het, is wiskundige vaardighede belangrik omdat hulle vinnig somme moet maak om die korrekte kleingeld te bepaal. En kinders wat koop, moet in gedagte hou hoeveel geld hulle het, waarop hulle dit wil uitgee en of hulle kopie die moeite werd is of nie.
Op die ou einde is dit nie net ‘n geldmaakstorie nie, maar verseker ‘n leergeleentheid.





