GalleriesLocal newsNewsNewsSports galleries

Klub-kampioen nou gekroon

Die grootste gholftoernooi van die Tubatse Chrome-buiteklub, die Chrome-klubkampioenskappe is Saterdag gehou

Spelers met verskillende vaardigheids-vlakke het stokke geswaai vir die gesogte kampioenskapstitel.
Uniek aan dié klub se gholfbaan is die verskeidenheid wild wat sorgloos daar wei. Soms gebeur dit dat ‘n balletjie ‘n dier raakpiets, maar vir die gholfmanne en -vroue van oraloor bly dit ‘n ervaring om hier te speel.

Veranderinge wat laat verlede jaar aan die baan aangebring is, soos die nuwe sandbanke, het spelers se vermoëns en tegnieke getoets.

Vir sommiges was dit ‘n lekker uitdaging en vir ander ‘n frustrasie wat vir ‘n paar brouhoue gesorg het.

Uitslae:
• Klubkampioen – Tyron Luck
• Beste telling minus voorgee – August Kgoete
• A-afdeling – Dean van Staden
• B-afdeling – August Kgoete
• C-afdeling – Louis Ludike.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button