Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNews

Appel betower gehoor met optrede in pakhuis

Mense het van oral gekom om Appel te hoor sing en die goeie saak te ondersteun. Hulle kon hul eie vleis bring om te braai met lekker bykosse wat voorsien is

OHRIGSTAD – Die bekende sanger Appel het die dorp se inwoners onlangs op sy musiek trakteer tydens ‘n optrede ten bate van Laerskool Ohrigstad. Die geleentheid is by Marxpak, ‘n pakhuis op ‘n plaas sowat 20 km buite die dorp, gehou. Toegang was gratis, maar ‘n donasie is by die deur gevra.

‘n Atmosfeer van joligheid en samesyn het in die stampvol pakhuis geheers terwyl daar ook lekker om die braaivleisvure gekuier is.

Die boerevereniging van Ohrigstad het die geleentheid aangebied as ‘n jaarlikse fondsinsameling ten bate van die skool.

Die skool wil graag almal wat tot die sukses van die aand bygedra het, bedank.
Gaan kyk gerus die videogreep op  www.steelburgernews.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button