Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNews

Lekkerland weereens ‘n belewenis

Die Lekkerland Karnavalfees is nie net 'n fees nie - dit is 'n belewenis wat nie in woorde beskryf kan word nie, iets wat mens self moet ervaar

Die fees is verlede jaar vir die eerste keer gehou en verlede Saterdag is Dullstroom weer op horings geneem.
Snaakse en mitiese kreature uit materiaal gemaak, het feesgangers op die terrein gefassineer terwyl verskeie tekenprentkarakters ook rondgedwaal en kinders sowel as volwassenes vermaak het.

Stalletjies met unieke ware het menige besoeker na sy beursie laat gryp. Daar was iets om almal se nuuskierigheid te prikkel – om van kos nie eens te praat nie. Die lug was gevul met die reuk van pannekoek, Griekse kosse en natuurlik die tradisionele beoereworsrolle en ‘n menigte ander lekkerny om die honger te stil.

Die biertuin en kroeg was vanjaar groter en die voggies en drankies was te kus en te keur – sommige drankies kon selfs in een-liter-maatbekers gekoop word.

Gedurende die dag was daar heeltyd vermaak op die verhoog. Piekniekkomberse is voor die verhoog oopgegooi terwyl mense hul kampstoele verder agtertoe kon staan maak.

Bobby van Jaarsveld was vanjaar ‘n groot trekpleister. Lank voor sy optrede het mense al voor die verhoog saamgekom en tydens sy optrede het almal, vals of nie, saamgesing.

Matthew Mole het later die aand opgetree gevolg deur Spoegwolf wat seker gemaak het hierdie was een partytjie wat niemand sou vergeet nie.

It was the second year that the Lekkerland Carnival was held at Dullstroom. Mythical creatures like dragons and lions made from various materials came flying through the crowd. There was a choice of foods and the bar and beer tent were larger than last year, ensuring that there was enough to drink. On stage artists like Bobby van Jaarsveld, Matthew Mole and Spoegwolf entertained the crowd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button