GalleriesLocal newsNewsNewsSports galleries
Die Ratels van Ohrigstad het die manne van Letaba laat les opsê tydens die Pumba-rugbynaweek op Hoedspruit.
Die Ratels het presies geweet wat vir hulle voorlê want die Letaba-manne het nog nie vantevore sommer oor hulle laat loop nie

HOEDSPRUIT – Dit was ietwat van ‘n tawwe stryd van die begin af. Sodra die een span punte op die telbord aangeteken het, het die teenstanders dieselfde gedoen.
Teen rustyd was die telling 15-10 in die Ratels se guns en kon die spel nog in beide spanne se guns val.
Die Ratels het egter uiteindelik die wa deur die drif getrek met ‘n telling van 22-15.
Die speler van die wedstryd was Migael Botes.
Fotograaf: Marune Briel
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!









