Inwoners pas eie munisipale regulasie toe
TCLM werknemers het die inwoners gevra wat hulle nou met die vee moet doen, waarop inwoners geantwoord het dat dit nou hulle probleem is.

LYDENBURG – Inwoners het daad by woord gevoeg en vandag meer as 20 stuks beeste in die munisipale gronde ingejaag.
Vir maande dien inwoners al klagtes in oor die rondloperbeeste in die dorp. Thaba Chweu plaaslike stadsraad (TCLM) het egter tot op hede nie aandag aan die probleem geskenk nie en vandag het inwoners besluit: genoeg is genoeg.

Die beeste is van Jock’s Country Stalls dorps-langs aangejaag tot in die verkeersgronde van die stadsraad. TCLM werknemers het die inwoners gevra wat hulle nou met die vee moet doen, waarop inwoners geantwoord het dat dit nou hulle probleem is.
Themba Sibiya, munisipale woordvoerder, het aan die koerant gesê dat hulle besig is om hulle opsies te oorweeg ten opsigte van die beeste op hulle gronde. TCLM het egter nié skutsgronde beskikbaar nadat die votige skut, Dries Bekker as gevolg van politieke inmenging bedank het.

