Rondloperdiere sal nou geskut word
Let asseblief daarop dat TCLM van nou af alle verwaarloosde of verdwaalde diere wat op straat gevind wat ongelukke veroorsaak of kan veroorsaak voorts belag op gelê sal word.
LYDENBURG – Na maande se klagtes en weke se beriggewing het Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit (TCLM) uiteindelik beslis dat rondloper-diere wel voorts deur die munisiapliteit self geskut sal word.
Inwoners kla al vir maande dat rondloperbeeste besig is om tuine te verwoes, drade te breek en voor karre inhardloop in dorpsgebied. Twee weke terug het inwoners egter genoeg gehad en is die beeste in die grond van TCLM ingejaag. ‘n Week later het die munisipaliteit ‘n kennisgewing uitgereik wat bevestig dat rondloperdiere nou op beslag gele gaan word.
Die kennisgewing soos geplaas in laasweek se koerant lui; “Let asseblief daarop dat TCLM van nou af alle verwaarloosde of verdwaalde diere wat op straat gevind wat ongelukke veroorsaak of kan veroorsaak voorts belag op gelê sal word. Dit volg in reaksie op die openbare klgtes as gevolg van skade en ongelukke wat deur dié diere veroorsaak is.
Hierdie besluit is geneem om padgebruikers, inwoners en veral diere-eienaars te beskerm. Alle diere wat in die strate en onvanpaste weidingsareas aangetref word, word geskut en met ‘n stewige boete vrygelaat of opgeveil om munisipale en pondkoste te verhaal.”
