Hospice se fondsinsameling eie in soort
Verlede week was die plaaslike organisasie, Nelspruit Hospice, se Chair-A-Tee-veiling 'n enorme sukses.
MBOMBELA – Vanjaar was die eerste keer dat die organisasie hierdie fondsinsamelingsprojek geloods het. Lede van die publiek en maatskappye kon teen R100 houtstoele koop om te versier. Die opgetooide stoele is daarna opgeveil.
Volgens Elmarie du Toit van Nelspruit Hospice het hulle 90 “rou” stoele verkoop wat hulle R9 000 in die sak gebring het. Daarvan is 84 stoele terugbesorg en opgeveil om ‘n addisionele R31 750 in te samel.
ALSO READ: Morning robbery in front of FNB
Elaine de Villiers se protea-stoel is teen die hoogste bod van R2 000 opgeveil, terwyl Radio Laeveld se Dagbreek-span se stoel die korporatiewe afdeling gewen het, ook met ‘n bod van R2 000.
Elkeen is met ‘n R1 000-geskenkbewys van i’langa Mall beloon.

Du Toit het die gemeenskap vir hul ondersteuning bedank, en onderneem dat hulle volgende jaar beslis weer die
Chair-A-Tee sal aanbied, wat hulle in staat stel om hul diens aan die gemeenskap te lewer.
Vir meer inligting oor Nelspruit Hospice, besoek hul webblad by nelspruithospice.co.za.
ALSO READ: No rest until women and children are safe – MEC

