Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNews
Rusoord inwoners geniet die skone natuur van KNP
Inwoners van Rusoord Ouetehuis het gedurende Augustus weer hul jaarlikse besoek aan die Krugerwildtuin gehad.
Elke jaar samel inwoners van die tehuis, woonstelle en wooneenhede self geld in vir hulle verblyf en etes vir die wildtuinwegbreek.
Die groep het by Aandevliet tuisgegaan en twee gesellige dae in die wildtuin deurgebring. Hulle het piekniek gehou, in die Baron Restaurant geëet, vleis gebraai en lekker saam verkeer.
Dit is jaarliks ‘n hoogtepunt waarna die senior inwoners baie uitsien. Gedurende die jaar word daar gewoeker met vetkoeke, pannekoeke, jafels, worsbroodjies en vele ander eetgoed om geld in te samel vir hierdie toer.
Op die tweedaagse besoek is heelwat diere gesien, waarvan baie op ‘n nadere afstand beskou kon word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
