Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNews

Rusoord kermis groot sukses

Vir vier weke is daar gewoeker by Rusoord Ouetehuis om vir vanjaar se kermis wat Vrydag en Saterdag plaasgevind het, voor te berei.

Daar is koekies gebak, groente voorberei en hard gewerk om weer ‘n suksesvolle kermis te verseker.

Volgens Jeanetta Kruger, bestuurder van die ouetehuis, is die bestuur dankbaar vir die bydraes en ondersteuning uit die gemeenskap. “Hoe kan ‘n mens dankie sê vir die gesindheid van die dorp? Dit is altyd ‘n wonderlike gevoel.”

Die bestuur wil ook die inwoners van die ouetehuis, die wooneenhede, woonstelle en die kombuispersoneel bedank vir hul harde werk en bemanning van stalletjies tydens die kermis.

Hoewel die teiken van R100 000 met die kermis nie behaal is nie, is ‘n bedrag van R72 000 ingesamel. Volgens Kruger hoop hulle om met verdere verkope en donasies die teikenbedrag te bereik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button