Local newsNews

Alles verloor in brand

"Dankie uit ons harte vir almal wat gehelp het"

In ‘n brand waarvan die oorsaak nog onbekend is, het Tania Cronje in die vroeë oggendure van Sondag oggend alles verloor.

Sy het om 00:18 ‘n boodskap op die Malalane Against Crime whatsapp groep gesit dat haar huis brand.

LEES OOK: Accident-n4-towards-komati

Volgens inligting voorsien het haar dogter, Talia wakker geword van ‘n harde slag. Tania, Talia en haar moeder Talie het die huis wat op daardie stadium reeds vol swart rook was, ontruim.

Johan Muller en MBM Protection se Neil Swart en Alwin Carstens is met brandbestrydings voertuie na die toneel so 5km buite Malalane op plaas.

Muller het bevestig dat die huis binne reeds omtrent heeltemal in puin gelê is met hul aankoms.

‘n Trust rekening is gestig en enige donasie kan daar inbetaal word. Gebruik Cronje as verwysing en stuur bewys van betaling na Zieta by zvr@vrens.co.za of 083-2269-167.

Enige skenkings kan ook by die NG Kerk in Malalane afgelaai word.

Corridor het met Tania gesels en haar boodskap is “dankie uit ons harte vir almal wat gehelp het, elke oproep, gebed, oop hart en al die omgee en seëninge”.

 

Hulp van regoor die Laevled het ingestroom en hierdie is weer ‘n bewys hoe ‘n gemeenskap saamstaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button