Local newsNews

Sewe verdagtes steeds in aanhouding

Hofsaak begin weer op 13 April 2020

Die sewe verdagtes wat gearresteer is vir die moord op Deon de Bruyn is steeds in aanhouding. De Bruyn is op 17 Junie 2018 tydens ‘n plaasaanval noodlottig gewond.

Derrick Makamo (24), Rawun Mhlanga (28), Fanie Mkhabela (31), Andy Hendry Manonga (32), Sifiso Madonsela (33), Solomon Msimango (33) en Oscar Chauke (36) staan tereg op 11 aanklagtes Dit sluit in sameswering om ‘n rooftog te pleeg, roof met verswarende omstandighede, die rig van ‘n vuurwapen, besit van ‘n ongelisensieerde wapen en ammunisie, moord en poging tot moord.

LEES OOK:alles-verloor-brand

Die hofsaak het die 29ste Julie 2019 voorgekom in die streekshof in Barberton en is uitgestel na die 13de April 2020 in die Hooggeregshof in Mbombela.

Die oorledene se ma, Susan de Bruyn, het mense gevra om die familie te ondersteun by die hofverigtinge in die nuwe jaar sodat geregtigheid kan geskied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button