Local newsNews

Pro-Life het “Pirates rescue ransom” gehou

Pro-Life Pet Rescue het die jaar die 'jail-and-bail' met 'n ander kinkel probeer, en met groot sukses daarin geslaag.

Met ‘n jail-and-bail word lede van die gemeenskap agter tralies toegesluit en moet daar ‘n sekere bedrag in borggelde bereik word om hulle vry te laat.

By Vrydagoggend se “Pro-Life pirates rescue ransom” was dit nie heeltemal die geval nie. Sewe mense van Mbombela was by Crossing Centre met leibande om die nek onder die Pro-Life-gazebo aan’t smeek vir vrylating.

LEES OOK: Unique Pro-Life Adoption
Callum MacPherson van Hi-Tech Security Nelspruit was onder andere een van dié gevangenes. Callum sê hy het eers vroeër die oggend gehoor dat hy onder kwarantyn geplaas gaan word by die fondsinsameling.

Pippa Botha van Innibos was darem vinnig vry van die leiband, en van haar Innibos-vriende was ook daar vir ondersteuning.

“Dit is lekker om te sien almal is besig, maar het steeds tyd om af te knyp om te help.” sê Botha.

Karin Erasmus, stigter van Pro-Life Pet Rescue, het gesê: “Nie net is ons besig om geld, wat ons broodnodig het, in te samel nie, ons geniet dit ongelooflik baie saam met mekaar hier vandag.”

Leigh-Ann Auerswald was in beheer van die finansies vir die dag en weet ook wat die daaglikse uitgawes van die instansie is. Auerswald sê dat daar daagliks tussen 180 en 200 diere op Pro-Life se perseel is.
Daar word ook 100 persent staat gemaak op donasies om die organisasie aan die gang te hou.

LEES OOK: Roelf neem Macadamia op wandeling van herinnering

Pro-Life nooi die gemeenskap uit om betrokke te raak as vrywilligers of met die voer van diere. Hulle kan gekontak word by 079-498-7971.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button