Local newsNewsNews

Stoeiers neem deel aan Suid-Afrikaanse Stoeivereniging se nasionale jeugkampioenskappe deelgeneem

Die Lydenburg Stoeiklub is nog nie eers twee jaar in bestaan nie, en die klub het reeds twee Suid-Afrikaanse stoeiers opgelewer.

Theresa Erlank, Rovaun van Zijl en Dehandre Kok het as deel van die Mpumalanga-stoeispan aan die Suid-Afrikaanse Stoeivereniging se nasionale jeugkampioenskappe deelgeneem.

Die kampioenskappe het op 27 en 28 September in die Rembrandtsaal by die LC de Villiers-sportgronde in Pretoria plaasgevind.

Die grootste individuele prestasie wat die plaaslike klub opgelewer het, is dié van Theresa, wat nie net haar Mpumalangakleure binne ‘n jaar nadat sy begin stoei het verwerf het nie, maar ook goud op die kampioenskappe verower het en as SA-kampioen na vore tree. Dit is die eerste dogter in die stoeiklub wat dit vermag.

Volgens Natassja de Villiers, afrigter van die stoeiklub, is Theresa se stoeiverhaal een van zero tot hero. “Die stoeiklub is trots op haar. Haar uithouvermoë en deursettingsvermoë is prysenswaardig.”

Nog ‘n prestasie waarop die stoeiklub trots is, is dié van Dehandre. Hy het ook sy Mpumalanga- en SA-kleure verwerf. Dehandre word ook as SA Jeugkampioen in die Grieks-Romeinse styl (48 kg) aangewys en behaal die besondere prestasie om vir die Noordvaalstoeispan gekies te word. Rovaun het ewe goed presteer en palm ‘n bronsmedalje in vir sy derde plek in die Grieks-Romeinse styl (30 kg) en behaal ook sy Mpumalangakleure.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button