Local newsNewsNews

REGSTELLING: Die NG oesfees vind eers volgende naweek plaas

Die basaar vind nie hierdie naweek nie, maar wel volgende naweek plaas

Daar is verkeerd berig in die koerant oor die basaar se datums. Neem kennis dat dit eers volgende naweek die 25st en 26st Oktober plaasvind en nie soos berig, hierdie naweek nie. Ons vra onverskoning vir die ongerief

LYDENBURG – Volgende Saterdag is dit weer tyd vir NG Kerk-Suid se jaarlikse Oesfees.

Vanaand vanaf 17:00 tot 19:00 vind ‘n lekker braai-ete en gesellige kuier by die kerk plaas. Bring wegneemhouers of piekniekmandjies met eetgerei en eie drinkgoed en kom kuier saam. Die sanggroep Citation gaan deurentyd musiek verskaf.

Saterdagoggend se verrigting skop om 08:00 af met ‘n plaasontbyt teen R50 per persoon. ‘n Wegneemontbyt kos R30 per persoon. Deur die dag kan besoekers ontspan in die teetuin met ‘n koppie koffie of tee, koeldrank en ‘n lekkerny daarby.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button