KYK: Duane se ma meegevoer met die rugbywêreldbeker-aksie
'n Prentjie spreek 'n duisend woorde.

Foto’s van Estelien Vermeulen waar sy haar seun Duane dopgehou het tydens sy spel in die rugbyfinale Saterdag vertel ‘n storie. Sy het die spel by Mustangs gekyk saam met gemeenskapslede.

Soos sy gekyk het, het haar emosies verander, van trane van vreugde tot ‘n glimlag, van toejuiging tot bekommerde stilte.
LEES OOK: Two former Hoërskool Nelspruit pupils face each other in Rugby World Cup quarter-final

Al hierdie emosies het ‘n storie vertel van ‘n ondersteunende moeder wat kyk hoe haar seun sy stempel afdruk.
Dit was dit alles werd, want Duane was speler van die wedstryd. Estelien het gesê dit was oorweldigend vir haar.

“Ek het nooit getwyfel dat hulle nie sou wen nie. My enigste bekommernis was dat iemand sou seerkry gedurende die spel.

Ek was bekommerd toe ek Duane sien gaan sit op een stadium in die wedstryd. Nietemin, na die einde van die wedstryd is hy die titel van speler van die wedstryd toegeken,” het sy gesê.

LEES OOK: Lowveld friends and family #backtheboks

“Ek is baie trots op al die manne dat hulle die beker gewen het.”

Die dag sal nog lank vars in almal se geheue bly.

