Local newsNews

Oud-Pumas kaptein druk ‘n drie vir die jeug

Besighede of gemeenskapslede wat wil hand bysit, kan Skorbinski op 076-425-6439 skakel, of by die SKOR@LIFE Facebook-blad aansluit. 

Die voormalige Pumaskaptein, Henry Alfred Skorbinski, oftewel Hennie, is ‘n groot geleentheid deur Hoërskool Nelspruit gebied ná sy aftrede twee jaar gelede.

‘n Nuwe passie is in hom gewek en hy het dadelik aan die werk gespring om die SKOR@LIFE rugbyakademie te stig.

Volgens Skorbinski is dit al ‘n geruime tyd duidelik dat daar baie talentvolle spelers op skoolvlak is wat die geleentheid om rugby te speel, ontsê word weens ‘n gebrek aan geld vir die broodnodige toerusting.

Christo van Wyk, Hugo Greyling, Hennie Skorbinski en Dhandré van Wyk.

LEES OOK:Yorkie waarsku inwoners oor twee-meter mamba in leefvertrek

Om hierdie rede het hy verlede Donderdagaand ‘n fondsinsamelingsgeleentheid by die Mbombela Gholfklub aangebied.

Die vermaak is deur Danny Smoke verskaf en die gehoor het hul waardering getoon deur saam te sing toe hy gewilde snitte soos “T-Shirt”, “Jou Lippe” en ander populêre treffers uit sy repertoire opvoer.

Die doel van die geleentheid is nie vergeet nie en Laevelder het met dié oudkaptein gesels oor die nuwe rigting wat hy ingeslaan het.

Neil Venter, Roelof Jansen, Renard Breet en Marco Craven.

LEES OOK: Joubert en Seuns-boer herstel goed na ernstige ongeluk

“Toe Hoërskool Nelspruit my die geleentheid gun om ‘n rugbyakademie te stig, het ek dit met albei hande gegryp. Dit was die begin van ‘n paar projekte om families met kinders wat swaarkry, te help,” het hy gesê.

Vir Skorbinski speel rugby ‘n groot rol in sy lewe. Volgens hom is die gebrek aan voldoende fasiliteite, veral in landelike gebiede, iets wat groot kommer wek.

Dis daarom dat hy die besluit geneem het om sy deel te doen en hulp te verskaf.

Alicia van Ee, Hennie Skorbinski en Liz Bartie.

LEES OOK: Onderneem ‘n Kersfees-reis saam met plaaslike musieksterre

“Ek wil graag my aandag grotendeels op die jeug plaas, want hulle is tog die toekoms van die sport.

As daar glad nie  genoeg toerusting of fasiliteite beskikbaar is nie, kan ons as ‘n gemeenskap nie hul drome waar maak nie,” het hy verder vertel.

Skorbinski beoog om die plaaslike sakelui se hulp in te tou en het genoem dat daar baie voordele verbonde is aan hul betrokkenheid.

Rohan Greyvenstein, Marco Craven en Anjé Viljoen.

LEES OOK: Die ou stasiebuurt op Komatipoort

“Vir besighede wat aansluit, is daar beslis belastingsvoordele, om nie te praat van die vreugdes wat daarmee gepaard gaan om die jeug betrokke te kry in die sport.

“Dit gaan oor meer as net geld insamel, maar die geleentheid om terug te ploeg in die gemeenskap.”

Plaaslike sakeleiers en gemeenskapslede het SKOR@LIFE goed ondersteun deur hul teenwoordigheid.

Danny Smoke.

LEES OOK: Laevelders dra ook by tot AfriForum se Boks vir ‘n Boer-projek

“Baie dankie vir julle gasvryheid en onthaal,” het Smoke gesê.

Die vermaak het dwarsdeur die aand voortgeduur en die gaste het behoorlik litte losgemaak vir ‘n goeie doel.

Besighede of gemeenskapslede wat wil hand bysit, kan Skorbinski op 076-425-6439 skakel, of by die SKOR@LIFE Facebook-blad aansluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button