Local newsNews

Natascha C groet herfs met splinternuwe produksie

Die plaaslike sanger, Natascha C, het verlede week 160 gaste met haar splinternuwe produksie, When Autumn Comes and Goes, by haar huis onthaal.

“Dit is die eerste kabaret uit my pen,” het Natascha C aan Laevelder gesê. “Dit is ‘n viering van my gunstelingseisoen.”

Die produkie het tesame met sangitems ook voorlesing en bindingstekste bevat.

Lana Mathews, David Haywood en Hanko von Schlichting. Foto: Lezanne Steenkamp

“Ek wou die gehoor herinner aan die mooi van die seisoen,” het Natascha C gesê. “Sonder herfs kan die ander seisoene nie volg nie – dit het ‘n plek, dit hoort.”

Natascha C was deur Hanko von Schlichting, die kitaarspeler, en Lana Mathews, op perkussie, op die verhoog vergesel, en is deur David Haywood begelei.

Natascha C lees voor uit Kaalkop 2. Foto: Lezanne Steenkamp

LEES OOK: Plaaslike sanger aangewys as finalis in sangkompetisie

Gaste het weggelê aan heerlike lekkernye terwyl hulle, vir 80 minute per vertoning, in vervoering was deur bekende Afrikaanse en Engelse liedjies.

TC en Daleen Hillicks. Foto: Lezanne Steenkamp

“Ek het baie positiewe terugvoer ontvang,” het Natascha C, wat vanjaar haar 21ste jaar in die bedryf vier, gesê.

“Dit is spesiaal om voor te staan en te sing en dan eerstehands te sien hoe iets die gehoor raak; hoe mense dit ontvang en waardeer.”

Kunswerke van Elsabé Malan, Natascha C se jare lange vriendin, was ook op uitstalling by die vertoning.

Elsabé Malan met van haar kunswerke. Foto: Lezanne Steenkamp
Nikki Paterson en Allet Kinnear. Foto: Lezanne Steenkamp
John en Zelda Mos. Foto: Lezanne Steenkamp

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button