Local newsNews

“My liefste MJ..”

Op Saterdag15 Mei teen 20:45 het klein MJ Erasmus sy dapper stryd van agt maande verloor. MJ is in Mediclinic Nelspruit oorlede nadat hy Vrydag in die hospitaal opgeneem is.

Vroeg in April het die Erasmus-gesin die nuus ontvang dat daar medies gesproke niks meer was wat vir MJ gedoen kon word nie, en hy is sedertdien by die huis met sterk pynmedikasie en verdowingsmiddels gemaklik gehou.

Vandat hy op 2 September in Mediclinic Nelspruit gebore is, was sy lewe vol uitdagings. Voor sy geboorte al is hy met klompvoetjies gediagnoseer en daarna het verdere komplikasies met sy stryd om op sy eie asem te haal, weens longontsteking en hartversaking, dadelik begin.

Na verdere toetse is MJ later met agenesie van die corpus callossum asook kraniosinostose gediagnoseer, wat beteken dat hy nooit op sy eie kon asemhaal en sy brein nooit verder as dié van ‘n pasgebore baba sou ontwikkel nie.

Laevelders het van die begin af saam met die Erasmus-gesin gejuig, gehuil en gebid vir dié dapper seuntjie. 

Adri sê MJ het tot die bitter einde geveg. 

In ‘n Facebook-plasing skryf sy ma Adri ‘n brief aan haar babaseuntjie: 

“My liefste MJ… ek worstel al twee dae lank met woorde in my kop. Die enigste woord wat opkom is ‘seer. Dis seer. Alles. My hart, my lyf, my kop, alles. My hart verdrink in my trane. Ek mis jou stemmetjie, jou reuk, jou aanraking.

Dis onnatuurlik vir ‘n ouer om ‘n kind aan die dood af te staan. Hoe kom mens oor dit? Al is my wêreld in stukke, vertroos ek my dat jy vir ons kyk met daai mooi blou ogies met die mooiste voetjies wat kan loop!

Ek mis jou MJ, so verskriklik baie. My hart sal eendag weer heel wees, net nog nie nou nie. Vir nou rou ek oor jou! Ek mis jou elke liewe sekonde van elke dag.

Ek sal jou altyd liefhe! Al my liefde, Mamma.”

MJ se gedenkdiens word vandag 10:30 uit die NG Suid Gemeente, El Madre gehou. Die diens sal op Facebook/Bid vir Baba MJ Erasmus lewendig uitgesaai word. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button