Local newsNews

Hul spanwerk gaan groot katte hervestig

’n Uittog uit die Groot Marico na Oudtshoorn vind hierdie Saterdag plaas om 12 leeus en twee tiere te hervestig. Daar is wêreldwyd rolspelers by hierdie operasie betrokke, en selfs sakeondernemings van die Laeveld het besluit om hand by te sit.

Ubuntu Wildlife Sanctuary het gehelp om hierdie diere uit haglike omstandighede te red, en hierdie is hulle kans op ’n nuwe lewe.

Van die katte was voorheen in aanhouding in die Oekraïne en in ’n dieretuin in Argentinië.

Daar is wêreldwyd rolspelers by hierdie operasie betrokke, en selfs sakeondernemings van die Laeveld het besluit om hand by te sit.

LEES OOK: Ribbetjie-eetkompetisie se finale ronde lok groot belangstelling

De Goede Finance Universe is een van dié ondernemings. André de Goede (een van die stigters van Ubuntu) het verduidelik hoe die reëlings staan.

“Waarmee ons besig is het die hartsnare van soveel mense geroer, selfs hier in die dorp.”

Daar is borgskappe in die vorm van voertuie, brandstof, sekuriteit, kos en meer. Die massiewe uittog in ag geneem, help elke bietjie – daar is ongeveer 13 voertuie en minstens 30 mense betrokke.

Uniwisp en Netbits dra ook hulle deel by met van die bostaande items. Marius Botha en Desmond Cogill verteenwoordig Uniwisp op die pad en beskou hulself as beide vriende en vrywilligers in die operasie.

“André het ons genader en sonder om twee keer te dink het ons ingespring om te help.”

So ook André de Goede jr. van Netbits. Die manne het nie net skenkings gemaak nie, maar het hulself ook beskikbaar gestel om van die voertuie te bestuur.

LEES OOK: Elsabé Malan: ‘n Kunstenaar in eie reg

En dis nie iets wat sommer net gebeur nie. Daar is ’n sekere mate van sekuriteit betrokke en alle betrokkenes het ’n twee uur lange opleidingsessie ontvang om te verseker dat alles glad verloop.

André sr. het benadruk dat Ubuntu nie ’n “petting zoo” is nie, maar ’n veilige hawe.

“Daar kom vrywilligers van regoor die wêreld wat help om na hierdie diere om te sien. Hulle word ook nie in hokke gehou nie. Ubuntu maak voorsiening vir kampe van 9 ha elk.”

Sou jy ’n skenking wou maak aan hierdie vervoerekspedisie of selfs daarna, is die bankbesonderhede soos volg:

Ubuntu, Spirit of Africa Wildlife Rescue
Nedbank-tak 198765 (Centurion)
Rekeningnommer 1178827623

Besoek die webblad hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button