Local newsNews

Malalane Toyota en Gifpyl voer tawwe stryd in Desert 1000 te Upington

Die Malalane Toyota-span wat hierdie jaar aan die TGRSA Desert 1000-wedren deelgeneem het.

Dinge het ietwat hakerig begin toe Werner Horn van Malalane gehoor het hy sou nie in die resies kon deelneem nie as gevolg van ‘n siekte. Inderhaas het die span ‘n ander navigator gesoek. Leander Pienaar van Bloemfontein het die geleentheid om deel te wees van die bekende resies sonder twyfel aangegryp.

Die resies het op Vrydag 18 Junie in Upington afgeskop met ‘n 100 km-proloog. Die Malalane Toyota-span het uitstekend gevaar en het slegs net 56 s. na die wenners oor die eindstreep gejaag. Die dag het uit twee rondes van meer as 200 km elk bestaan. Op die amptelike eerste dag van die wedren, Saterdag 19 Junie, het Johan Horn Jr. en sy waarnemende navigator, Pienaar, niks minder as vier pap wiele gehad nie.

Die stof spat soos Gifpyl jaag.

Dit was ‘n lang, uitmergelende dag gewees, met dik sand en duine en hindernisse van stokke en klippe. “Ons geniet die woenstynresies vreeslik, om in sand te ry… dit is vinnig, maar steeds uitdagend. ‘n Terrein wat ons baie min die voorreg het om te geniet,” sê Johan Jr. Die Malalane Toyota-span eindig die dag ongeveer 11 minute voor die volgende teenstander in hulle klas.

LEES OOK: Speelgroepie hou nodige fondsinsameling

Sondag 20 Junie het vir die span goed begin. Na die eerste ronde van nog 200 km was die span en hulle Toyota Hilux, Gifpyl, steeds eerste in hulle klas. Die span het ongelukkig nog ‘n pap wiel gehad, net 100 km voor die eindstreep. Na 900 km en drie dae se woestynry en stof, het hulle voertuig stuurstangprobleme gehad. Dit was ‘n ongelooflike teleurstelling vir die span.

Gifpyl maak korte mette van die Upington-velde.

“Die voordeel is natuurlik dat ons die landelike dele van Upington en sy mense en kultuur kon ervaar toe ons geloop het om hulp te gaan soek. Mens kry nie vriendeliker mense nie. Dit is ook ongelukkig deel van die sport, die onbekende teëspoed wat moontlik op jou wag.” het Johan Jr. bygevoeg. Die volgende wedren is in Vryburg in Augustus en die Toyota Malalane-span sal gereed wees vir die geleentheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button