Local newsNewsNews

Vuurwarm wedstryd vir Ratels en Rooikatte

Ten spyte van die yskoue wind op die rugbyveld, het die manne se harde spel genoeg hitte opgewek vir 'n vuurwarm wedstryd.

Die Lydenburg Rooikatte se tweede span het die stryd teen die Steelpoort Ratels op Rooikatpark, Saterdag 19 Junie, aangepak. Die Rooikatte het 14-41 verloor. Dié was ‘n ligawedstryd vir die Ehlanzeni Laeveld Noordelike Uitdagingstrofee 2021.

LEES ook: Vragmotorkapings neem kommerwekkend toe | Lowvelder

In Saterdag se wedstryd het Jason Jackson en Johan Vorster van die Rooikatte drieë gedruk en Leohan Plessers een verdoel. Die spelers van die wedstryd was Ruan Reynecke en Plessers. Die Ratels se drieë is aangeteken deur Andries Vorster, Jan Oosthuizen, Ruben Cross, Marko Maré en Llewellyn Erasmus. Hulle speler van die wedstryd was Jan Oosthuizen. In die eerste wedstryd van die liga op Winterveld, Saterdag 5 Junie, het die Rooikatte se tweede span teen Hazyview gespeel. Hazyview het met 20-12 gewen en drieë was aangeteken deur Lawrence Ngwenya en Julius Ackermann. Plessers het een drie verdoel. Die spelers van die wedstryd was Reynecke en Vorster.

LEES OOK: Hoërskool Lydenburg maak sy eeufeesplanne

 

Leohan Plessers baklei teen twee Ratels vir balbesit.

In die stryd tussen die eerste spanne het die Rooikatte die Ratels met 26-15 gewen. Drieë is aangeteken deur Pieter Els en Donovan Theart, Jason Oosthuizen het vier strafskoppe oorgeskop en een verdoel. Die spelers van die wedstryd was Oosthuizen en Fritz Koch. “Ons het ‘n goeie opkoms by die oefeninge en die eerste span is vol vertroue in die liga. Amateurrugby is vir die volgende twee weke gestaak om die derde Covid-golf te laat verbygaan. Flip Hennop, die spanbestuurder, en Rian Schoeman, die hoofafrigter, is baie positief vir wat die span gaan behaal,” het Danie Ackermann, die assistentafrigter van die Rooikatte, gesê.

 Foto’s: Michelle Boshoff 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button