Local newsNews
AfriForum se Witrivier-tak maak slaggate ‘n prioriteit
Hierdie aksie is in samewerking met Hi-Tech Sekuriteit Witrivier aangepak en meer as 40 sakke teer is gebruik.
AfriForum se Witrivier-tak het op Junie 16 slaggate in die dorp gevul.
Daar is gefokus op Syd Cornwell- en Danie Joubertstraat, asook die kruising by die Engen Parkville-vulstasie.
“Ons is trots op ons dorp en sal nie terugstaan en kyk hoe dit verval as gevolg van die Mbombela Plaaslike Owerheid se swak dienslewering nie,” sê Dawie Ruthven, voorsitter van AfriForum se Witrivier-tak.
LEES OOK: Hoërskoolskut verwerf gesogte platinumstatus
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
