Local newsNews

Veertig jaar van getroue diens by NHS

Johanna Coetzee, of tannie Johanna soos almal haar nou noem, werk al sedert 5 Augustus 1981 by NHS.

MBOMBELA – Sy het as telefoniste begin werk en vyf jaar later agter die tikmasjien ingeskuif as die skool se tikster. Dis nou 40 jaar later en sy is nog steeds aan die tik, en doen die werk met oorgawe en passie.

Coetzee het in 1967 by Hoërskool Nelspruit matrikuleer. Haar seun, Hannes, en kleinseun, Alex, het ook hier skoolgegaan en matriek geskryf. Sy koester ‘n spesiale plek in haar hart vir die skool en sê: “Ek is regtig baie lief vir NHS!”

Sy het gedurende haar tyd as tikster baie tegnologiese vernuwing ervaar. Sy het eers op ‘n meganiese tikmasjien gewerk, daarna ‘n elektriese een en nou op ‘n rekenaar.

“In die begin het ons álles getik – van die hoof se korrespondensie tot vraestelle,” sê Coetzee.

Gelukkig is sy leergierig en help haar kleinkinders haar om nog steeds by te hou met die nuwe tegnologie. Sy is uiters vaardig met haar slimfoon. Die hoogtepunte by NHS vir haar sal altyd die kermis wees, en dan ook die Interhoër. Sy sê sy kry nóú nog hoendervleis as sy net aan dié byeenkomste dink.

LEES OOK: Só hanteer ons ‘n slang

“Nog ‘n baie spesiale oomblik was toe die leerders ná ‘n kwartaal almal in die saal vir ‘n afsluiting bymekaargekom het. Daarna het hulle soos een man voor die skool oor die groen gras met ‘n luide gejuig gehardloop.”

NHS is dankbaar vir haar onbaatsugtige en liefdevolle diens. Johan Hattingh, die skoolhoof, sê haar passie, vriendelikheid, hulp, professionalisme en akkuraatheid is ongeëwenaard, en getuig van haar toewyding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button