Wihan verras die dokters met sy vordering
De Jager het talle beserings opgedoen, maar die grootste daarvan was sy linkerbeen, wat bokant die knie geamputeer moes word.
Wihan de Jager is uiteindelik op die rehabilitasiepad na hy byna twee maande gelede in ’n gru- tref-en-trapongeluk met sy motorfiets op die R40 betrokke was.
Sy ma, Willa, het gesê die hospitaal het haar op 11 Augustus geskakel om mee te deel dat Wihan se toestand só verbeter het dat hy gereed is om na M-Care vir rehabilitasie oorgeplaas te word.

> Foto: Verskaf
“Ons blydskap was groot, maar daar was ook huiwering en onsekerheid.” Die volgende dag het terapeute en dokters met Wihan begin werk, en sy ma sê hulle is verbaas oor die vordering wat hy maak.
ALSO READ: Mbombela’s police and security companies ‘ready’ amid speculation of nationwide unrest
“Hy is nou heeltemal van suurstof af en sit nou baie in die rolstoel. Hy oefen baie hard om homself weer sterk te kry.”

> Foto: Verskaf
Sy ma sê op hierdie stadium is hulle nog onseker oor hoe lank hierdie deel van die proses gaan neem, maar dat haar seun positief bly.
