Local newsNews

KMI-lughawe samel R40 000 in vir liefdadigheid

Die immergewilde KMIA Gholfdag het Vrydag R40 000 vir liefdadigheid opgelewer na 'n suksesvolle dag van beide sport en plesier.

Die spanne het onderskeidelik by die eerste en tiende bowwe afgeslaan. Vandaar was daar nie ‘n enkele vervelige oomblik op die baan nie en spelers moes swoeg en sweet om sonder ‘n dryf- of setstok die dag aan te pak. Veral op die setperke moes spelers kreatief raak, hetsy met ‘n yster of ‘n hout, om die bal gat se kant toe te probeer stuur.

Jacques Fourie, Jaco Jansen van Vuuren, Kelvin Fincham en Johan Venter.
Christiaan de Jager, Dirk Uys van der Merwe, Wilmar Muller en Fanus Wilken.

Maar op die ou einde was dié uitdaging nie groot genoeg vir die span van BUCO Nelspruit nie, wat op die dag met die louere weggestap het. Laevelder se Colletha Noppé-Rattray en Louise Botes het die prys vir beste bof losgeslaan. Wayne Enslin was naaste aan die putjie en Alec Blair het die prys vir die langste dryf gewen.

Christiaan de Jager.

Tydens die prysuitdeling was daar ‘n paar gelukkige trekkings, asook items soos vliegkaartjies opgeveil. Alhoewel die wenners ruimskoots vir hulle oorwinnings beloon is, was dié dag oor meer as net ‘n wen.

Adel Bouwer en Anel Oosthuizen.

Cat Nienaber, KMI-lughawe se bemarkingsbestuurder, sê dat die geld wat op dié dag ingesamel is, is ten bate van Bettie’s Haven, ‘n tehuis vir kinders in nood.

“Die huis het so ‘n paar jaar gelede afgebrand. Heelwat ondernemings het hande gevat die laaste paar jaar net om te probeer om dit weer op te bou en te kry tot waar dit was.

Dewald Meyer.

LEES OOK: Pret en sukses tydens Vrouedag vir Hoop

Righard Meyer.

“Ons het hierdie jaar besluit ons gaan kyk hoeveel geld ons vir hulle bymekaar kan kry, net om die laaste goed wat nog vir die huis kort, vir hulle te kry.”

Die hoofborge vir die dag was Airlink, Breitling en ook Kingsley Heath.

Daar was verskeie ander borge by die dag betrokke wat Nienaber hartlik bedank het. Sy sê die dag sou vir seker nie sonder hulle moontlik gewees het nie.

Die BUCO-span het met die eerste prys weggestap. Voor: Deon Claassen, (agter) Francois Nel, Ollie Oliver, Marius Nel en Herman Potgieter.
Laevelder het die prys gewen vir die beste bof. Colletha Noppé-Rattray en Louise Botes van Laevelder, met Marius Nel, die besturende direkteur van KMI-lughawe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button