Laevelders gaan van krag tot krag by RPC Powerlifting Nationals
Behalwe vir 'n eerste plek in haar klas, het Ané Janse van Rensburg ook weggestap met die toekenning vir beste tienermeisie.

Verskeie Laevelders het onlangs koning in hul onderskeie ouderdoms- en gewigsklasse by die RPC Powerlifting Nationals in Pretoria gekraai.


Die organiseerder van dié nasionale kompetisie, Daniel Ross Hurlin, sê hy is werklik beïndruk met die talent wat uit die Laeveld en Mpumalanga kom.


Behalwe vir ‘n eerste plek in haar klas, is daar een jong deelnemer wat weggestap het met die toekenning vir beste tienermeisie. Uit alle vroulike deelnemers tussen die ouderdomme van 12 en 19 het Ané Janse van Rensburg (17), ‘n leerder van Curro Nelspruit, die beste krag- tot gewigsverhouding gehad. Haar beste squat was 110 kg, haar beste bench 60 kg en beste deadlift 140 kg. Dit het haar ‘n totaal van 310 kg besorg. Sy weeg 67,5 kg.

ALSO READ: Police retrieve body of drowned woman at Shiyalongubo Dam
Verder het Fridaus Cassim (24), Riyaad Moolla (28), Micaiel Khan (16), LeDauntè Ponisammy (19) en Keana Kruger (21) almal ook eerste in hul kategorieë gekom.
Hurlin het ook na die Healing Wings Rehabilitasiesentrum net buite Mbombela verwys, wat die sport aanmoedig as ‘n uitlaatklep vir die inwoners daar. Hy het David Lacey van Healing Wings (wat self ook deelgeneem het) bedank vir wat hulle doen vir die sport.

Hurlin sê vir meeste van die Laeveld-deelnemers was dit hulle eerste nasionale kompetisie. Hy sê dit is ‘n brawe ding om te doen en hy is opgewonde oor die toekoms van die sport in Mpumalanga.
Jou houding op die platform en daarnaas speel ‘n groot rol, en daarom het hy ook gesê hy is mal oor die Laeveld se mense. “Hulle is so plat op die aarde.”


Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
