Local newsNews

Nóg ‘n kolos van ‘n koolkop geoes

Die skaal kreun op 22,6 kg met die jongste koolkoprekord vir die Els-gesin.

Op Donderdag 21 September het Dewald Els, wat saam met sy pa, Jan Els, boer, dié kolos van ‘n koolkoop geweeg.
Nes die vorige en huidige rekordkoolkoppe, het Dewald al gesien hoe die werkers in die lande sukkel om van hierdie grotes op te tel.

Mwabi Nyirongo en Mzomera Ngwira op die Haakhoek-landerye met die vrug van hul arbeid.

Die koolkoppe wat gewoonlik geoes word, weeg ‘n gemiddeld van 10 kg. Ander rekords van 13 kg is al in Suid-Afrika aangeteken.
Dewald skryf die sukses van die grootte deels toe aan die wisselbouboerdery wat hulle toepas, die standaardkunsmispraktyke en goeie waterbestuur.
Ryp en insekteplae beïnvloed ook egter die oeste negatief.
Van die groot kopsere vir groenteboere is virusse, swamsiektes, plantluise, bragadakewers, Amerikaanse bolwurm en die diamantrugmot of ruitrugmot, om maar ‘n paar te noem.
“Koolkoppe is nie vol fieterjasies as dit by plant kom nie, en kan regdeur die jaar met sukses geplant word. Ons verbou ook saadmielies en -bone vir saadmaatskappye,” het hy gesê.
Al hul surplusgroente word aan die Wenakker Sentrum op Lydenburg geskenk.

Lees ook: 102-jarige deel jeugherinneringe

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button