Hoërskoolseun die top junior skut van die jaar
Die top junior skut en Presidentskiet-skut in die land kan sy jaar afsluit met ’n ruskans en sy geweer eers vir ’n wyle neerlê.
Deur die loop van die jaar het die 17-jarige Xander van Eck, ’n gr. 11-leerder van Hoërskool Lydenburg, amper elke naweek deelgeneem om sy plek op die nasionale skietranglys te behou.
Die toekenning is op Saterdag 6 November by die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJW) se jaarlikse prysuitdeling by Inyathi Park in Pretoria aan hom oorhandig. Xander het in Oktober landswyd onder die top ses skuts geëindig.

aan hom.
Hy het ook Protea-kleure verwerf en het sy plek op die ranglys by die Internasionale Gallery Rifle-federasie (IGRF) se beperkteboutaksiekampioenskappe behou.
Hy het reeds platinumstatus by die SAJW-presidentskiet by die Mopanie-tak in Phalaborwa in Junie behaal. In Phalaborwa het hy ook die eerste plek in die o. 18-drukluggeweer, eerste plek in die randslag, eerste plek in die presidentskiet, tweede algeheel in die junior- en seniorafdelings en tweede in die IGRF se ope afdeling vir beperkteboutaksie.
Lees ook: Kleuterskole hou hul pretdag op ’n kleurryke wyse
Boonop het hy ook in die senior span deelgeneem en eerste plek in die intertakspan losgeskiet. Xander deel al van kindsbeen af sy pa, Kruger van Eck, se passie vir jag en wapens. Hy het ’n natuurlike aanvoeling, liefde en respek daarvoor.
Beide is lede van die plaaslike Bosboktak. Hy het ook in 2019 ’n goue medalje by die IGRF se wêreldkampioenskappe gewen en was deel van Suid-Afrika se internasionale span.

