Local newsNews
136 onderskeidings vir Hoërskool Lydenburg
Die skool pronk met 136 onderskeidings en drie leerders wat elk sewe onderskeidings behaal het.
Hoërskool Lydenburg het met trots sy matriekuitslae saam met die res van die land op Vrydag 21 Januarie aangekondig. Drie leerders het sewe onderskeidings behaal, Megan Bam, Tiaan Joubert en Bernice van Wyk.
Lees ook: Skool spring, hardloop, sing na hartelus by interhuis
Die volgende leerders het vyf onderskeidings behaal: Callum Bain, Fanie Erasmus, Clarissa Fourie, Hugo Hershcensohn en Jean le Grange. Hierdie leerders het elk vier onderskeidings behaal: Charys Colchester, Nicola Floyd, Naledi Shlangu en Shané Steyn. Lebo Mano en Deanu van Rooyen het drie onderskeidings elk verwerf. Die volledige uitslae en nog foto’s sal volgende week in Steelburger/Lydenburg Nuus gepubliseer word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!












