Local newsNewsNews

113 Vlammies slaag met universiteitsvrystelling

Hoërskool Bergvlam se skoolhoof, Deon Visser, sê dit is vir hom 'n voorreg om die uitstekende matriekuitslae van Vlammies, wat ook puik individuele prestasies insluit, te kan deel.

Hoërskool Bergvlam, ‘n multikulturele dubbelmedium- sekondêre skool, se matrikulante van 2021 het puik uitslae in die eksamen behaal, wat dit onder die top skole in Mpumalanga plaas.

Ten spyte van die uitdagings wat leerders die afgelope twee jaar weens Covid-19 in die gesig gestaar het, het dié groep hul skoolloopbane met goeie resultate afgesluit.

Christo van der Walt.

Dit het harde werk van beide die leerders en opvoeders geverg.

Bergvlam het die akademiese jaar se aktiwiteite geprioritiseer deur te fokus op deeglike beplanning, effektiewe kontaktyd, verlengde nauurse akademiese tyd en aanlyn- opvoedingsgeleenthede vir leerders.

Rizwaanah Bellim.

Die skoolhoof, Deon Visser, sê dit is vir hom ‘n voorreg om die uitstekende matriekuitslae van Vlammies, wat ook puik individuele prestasies insluit, te kan deel.

LEES OOK: Elke dag is ‘n tree nader aan beterskap jongman ná motorongeluk

“Ons skoolslaagsyfer is 96%. Met trots gee ons erkenning aan Anja Smit wat onder die top 10-kandidate in Mpumalanga geplaas is met haar gemiddeld van 94% en sewe onderskeidings.

Emeldy Novele.

“Verder wens ons ook die volgende toppresteerders met hul puik uitslae geluk: Rizwaanah Bellim met sewe onderskeidings, Tamira Jamal met ses onderskeidings en Emeldy Novelle, Nkosingiphile Masinga, Malise de Villiers, Christo van der Walt en Bernard van Heerden met vyf onderskeidings elk.

Malise de Villiers.

“Daar is verskeie matrieks wat met vier, drie, twee en een onderskeidings spog. Baie geluk ook aan 113 van ons leerlinge wat met universiteitstoelating geslaag het.”

Nkosingiphile Masinga.
Tamira Jamal.
Bernard van Heerden.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button