Local newsNewsNews

Inwoners staan saam vir Hermansburg-pad se herstelwerk

'n Paar manne het Saterdag saamgespan in 'n poging om die Hermansburg-pad weer rybaar te maak.

Om ‘n Saterdagoggend ter wille van padveiligheid prys te gee, was vir sommige van die inwoners van Hermansburg geen probleem nie.

‘n Dam in die omgewing se wal het op 7 Januarie weens al die swaar reën gebreek; sedertdien sukkel die inwoners om deur die puin op die Hermansburg-pad na hul huise toe te ry.

BJ Stander doen ook sy deel.

‘n Paar manne het Saterdag saamgespan in ‘n poging om die pad weer rybaar te maak.

“Hulle wou oorspronklik nog ‘n pyp insit, maar het agterkom daar is ‘n bestaande een wat voldoende is. Hulle het toe plan gemaak om die water na die pyp te lei,” sê Amadri Stander wat van die werk op haar kamera vasgevang het.

Wilhelm en Phillip Oosthuyzen.

Hulle het met ‘n graafmasjien ‘n sloot gegrawe sodat die water nie aanhou in die pad opdam nie, en daarna seker gemaak die spoelpyp is skoon sodat, indien daar weer swaar reën kom, dit nie weer in die pad beland nie.

LEES OOK: Elke dag is ‘n tree nader aan beterskap jongman ná motorongeluk

Clement Bolt en Pieter van Rensburg het na die tyd met sy trekkers oor die pad geskraap om al die los grond te versprei en mooi plat te maak. Die proses het die span vanaf 06:00 tot 11:30 besig gehou.

Clement Bolt en Wilhelm Oosthuyzen.

Sommige lede van die omliggende gebied wil graag die volgende mense hartlik bedank vir hulle bydraes:

Adriaan Stander van Illustra vir die graafmasjien, BJ Stander vir sy rol as projekbestuurder, Wilhelm Oosthuyzen as graafmasjienoperateur, Phillip Oosthuyzen vir sy hulp met grawe en sy trekker, Clement Bolt vir sy trekker, Pieter van Rensburg vir sy trekker, Thabo Nyalungu vir sy hulp met grawe en pype oopmaak, Dirk en Anna Smit vir diesel en laastens Gavin Steensma vir die verversings.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button