Laerskool Malelane se atlete maak korte mette van interhuis
Die leerders van Laerskool Malelane het die atletiekjaar behoorlik begin by hulle interhuisbyeenkoms wat op Vrydag 14 Januarie plaasgevind het.
Die skool se jaarlikse interhuisatletiekbyeenkoms het op 14 Januarie op die skool se atletiekveld plaasgevind.
Dit was ‘n gulde geleentheid vir die leerders om hulself vir die atletiekseisoen voor te berei.

Kevin Forssman is as die senior victor ludorum vir sy prestasies in hekkies en middelafstande aangewys, en Tamaria Nkosi was die senior victrix ludorum. Busani Maphanga was die junior victor ludorum en Bronwyn Thabethe die junior victrix ludorum.

LEES OOK: Dis weer interhoërjaar by Nellies!
Jacques de Kock het vir die seuns en Nonthando Repinga vir die dogters die beste in die spronge-afdeling presteer. Robroy MacGregor en Zane van Staden was die wenners van die worpe-afdeling.

Luan Small en Luyanda Nkosi het vir hul opponente in die naellope wegge-hardloop, terwyl Megan Lourens met haar prestasies in hekkies en die middelafstande uitgeblink het.
Alhoewel hierdie atletiekdag op Lanie-pret en vriendelike deelname gefokus was, sal dié jaar se atletiekspan ‘n krag wees om mee rekening te hou.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
