Local newsNewsNews

NHS-atlete laat rekords spat

Hoërskool Nelspruit het op Donderdag 20 Januarie die berge laat bewe toe die skool se atletiekseisoen by die jaarlikse interhuis afgeskop het.

Die gees het deur die Laeveld-berge weergalm toe Hoërskool Nelspruit op Donderdag 20 Januarie sy atletiekseisoen by die jaarlikse interhuis afgeskop het.

Die byeenkoms was ‘n geleentheid vir die NHS-atlete om te wys dat dié jaar ‘n belowende een gaan wees.

Die atlete het die interhuisrekords soos kinderspeletjies laat lyk. Drie Nellie-rekords is op die eerste dag van die seisoen deur Shanese de Clerck en SA kampioen Ashley Erasmus verbeter.

Shanese de Clerck. > Foto: Verskaf

Shanese het twee nuwe Nellie-rekords opgestel in verspring en driesprong. Sy het die o. 17-verspringrekord met 27 cm verbeter na ‘n afstand van 5,72 m, en die o. 17-driesprongrekord met 7 cm verbeter na ‘n afstand van 11,69 m. Ashley hou die nuwe o. 17-Nellie-rekord vir skyfwerp nadat sy die ou rekord met 14.5 m verbeter het.

In elke ouderdomsgroep was daar ‘n trofee vir die beste atleet van die dag. Menzi Shiba (o. 14), Vaughn van Zyl (o. 15), Ian Woods (o. 16), André van Schalkwyk (o. 17) en Marco Capazorio (o. 19) het elk die victor ludorum-trofee vir hul onderskeie grade ontvang. Die victrix ludorum-trofee vir elke graad is aan Zoë Cilliers (o. 14), Kiara Craven (o. 15), Zané du Toit (o. 16), Ashley Erasmus (o. 17) en Zané Potgieter (o. 19) oorhandig.

LEES OOK: Dis weer interhoërjaar by Nellies!

Die Atheners was vanjaar die spankampioene, met ‘n geil oes juniors wat grootliks tot die wentotaal bygedra het. Die span het ‘n totaal van 1 393 punte aangeteken, gevolg deur die Trojane wat 1 104 punte aangeteken het, en die Spartane met 929. Die Trojane het die beste dirigente van die dag gehad en die Spartane was met die gesogte sangtrofee bekroon.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button