Gemeenskap kom byeen vir 40ste verjaardagviering
Die groot 40 was verlede week op die horison vir 'n plaaslike Rooibaard-legende.
In plaas van sy gewone bymekaarkoms by Marlin Pub & Grill (‘n gewoonte wat nou al vir vier jaar staan), het Jacques Viljoen (40) Saterdag sy verjaardag by Kwanyoni Lodge saam met al die mense wat vir hom saak maak, gevier.

“Ek kan nie vir jou begin sê wat die gemeenskap vir my gegee het nie; ek wil net vir hulle dankie sê.”
Sy eintlike verjaardag was op 18 Januarie, en oor die vier dekades sê hy bloot dat hy daardie volgende oggend met seer knieë opgestaan het.

Meer as 200 mense het bymekaargekom vir die feesvieringe. Danny Smoke het die vermaak vir die aand verskaf.
LEES OOK: Inwoners staan saam vir Hermansburg-pad se herstelwerk

“Daar is soveel mense wat dit nie kon maak nie, maar ek is geseënd; hier is ongelooflike mense hier. “Wat Nelspruit bef*k maak, nè, is die tight community; mense kyk so mooi na mekaar.”

Viljoen wou spesiale dank uitstuur aan Marius Nel, Ichnus Wait, Rooikat Liquors, Harry Green Music World, Danny Smoke en sy band, Rock Solid Sound Productions, en Doug’s Hiring.










Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
