Local newsNewsNews

Konings van kitskos maak ‘n draai in die Laeveld

Die Afrikaanse popsanger, Gerhard Steyn, en die akteur, Alvin Bruinders, bes bekend vir sy rol in Vetkoekpaleis, het vir hulle "antigourmetkosprogram", Konings van kitskos, tyd deur die Laeveld deurgebring om 'n nuwe episode te skiet.

Die twee aanbieders en die filmspan het uitgesoekte restaurante in die streek besoek om die geurige kos van die Laeveld op die proef te stel. Hierdie kosprogram het in 2018 op Via TV afgeskop.

Steyn en Bruinders besoek restaurante oor die land om die beste kitskos en unieke restaurantbedryf in Suid-Afrika te vind. Die filmspan het vanaf Sondag 16 Januarie tot Vrydag 21 Januarie hulle by die Little Pilgrims Boutique Hotel op Hazyview tuisgemaak.

Alvin Bruinders, Topolino’s se bestuurder, Dylan Brough, en Gerhard Steyn. > Foto’s: Bartlo Nel

Die twee konings het die Topolino’s Italiaanse Restaurant, Pioneer’s Butcher & Grill en Numbi Hotel se Olive and Vine uitgetoets om te sien of hierdie restaurante hulle beloftes gestand kan hou.

LEES OOK: NHS-atlete laat rekords spat spatinterhuis spat

Die aanbieders en filmspan het deur Sabie gereis om by die Smokey Train Diner, Sabie Brewing Co. en Petena Pancakes ‘n draai te gaan maak. Naby Graskop het Chubbu Pig Restaurant die filmspan verwelkom en in Witrrvier het Phat Boys Beer House die twee uitgenooi en met hulle kos verlei.

Alvin Bruinders en Gerhard Steyn word gewys hoe om tagliatelle-pasta te maak.

Die kosprogram is al twee seisoene sterk en daar is steeds geen keer aan Steyn en Bruinders nie. Little Pilgrims Hotel het hulle en die filmspan vir hulle betrokkenheid en belangstelling in Hazyview en omgewing bedank.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button