‘n Broederskap gebou oor ‘n smaaklike bord kos
Die lede van die Witrivier Afvalgilde se glase was vol en hul borde leeg by die eerste maandelikse byeenkoms op 19 Januarie by Macama Venue.
Die afvalgilde is ‘n eksklusiewe lidmaadskap wat al 17 jaar lank sterk staan. ‘n Groep hardwerkende manne regoor die Laeveld word verdeel in kookspanne en word uitgedaag om die lekkerste afvalgereg aan te bied.

Die 25 beperkte lede kom elke tweede Woensdag van die maand bymekaar om nie net die kookspan van die dag se smaaklike gereg te oordeel nie, maar om ook die meeste uit die kuier uit te kry. Aan die einde van elke jaar word ‘n span as die beste bekroon en ontvang ‘n trofee. Die span wie se geregte die minste waardeer is, moet die groot houtlepeltrofee deur die jaar vashou.

Die span van 2021 was Karel en Jerry Diedericks. Gareth Pieterse, Albert Gryvenstein en Chris Naudé het die houtlepel ontvang.
Die afvalgilde reël ook onder mekaar om liefdadigheidsorganisasies en minder bevoorregtes te help waar hul kan. Die huidige gildevoorsitter, Lemuel Vermaak, het die lojaliteit onder die manne beklemtoon; almal is een vaste groep wat mekaar en ander gemeenskappe help.

LEES OOK: Marloth-leeus steeds ‘n realiteit
Die oudste lid van die gilde, Corrie du Toit, het die groep oorspronlik saam met Cobus Willers, Buks Fourie, Falie Burger, Johan van der Linde en Glen Chemaly in 2005 begin. “’n Klein groep vriende het al van 2000 af bymekaargekom om ‘n goeie bord kos te deel, maar die afvalgilde het eers vyf jaar later goed afgeskop,” het Du Toit gesê.

Willers en Du Toit is steeds by die afvalgilde en was al voorsitters vir die kosmaakgroep. “Daar is net een reël by
die Witrivier Afvalgilde en ons respekteer dit ten volle – almal eet afval,” het Vermaak gesê.







Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
