Local newsNewsNews

Laerskool Laeveld nou 40

Gedurende 2022 beplan Laerskool Laeveld verskeie geleenthede waartydens die 40ste verjaardag herdenk sal word.

In Januarie 1982 was daar ‘n atmosfeer van afwagting, opgewondenheid en entoesiasme met die opening van die derde Afrikaanse laerskool in Nelspruit.

Op 6 Februarie 1982 het die eerste leerlinge die skool met bont klere beset. Daar was op daardie stadium nog geen formele skooldrag nie.

Tydens die eerste kwartaal het dié skool die grondslagfaseleerlinge wat bestaan het uit vier gr. 1-, vier gr. 2- en vier gr. 3-klasse verwelkom.

LEES OOK: Kruise van Engelse grafte uit Boereoorlog gesteel

Die res van die leerlinge, vanaf gr. 4 tot 7, het met die opening van die tweede kwartaal aangesluit. Intussen het daar baie dinge gebeur wat vandag tot die ontwikkeling van die skool bydra.

Judy van Dijk (adjunkhoof), Hendrik van der Mescht (voorsitter van die beheerliggaam) en Theo Kruger (hoof).

Gedurende 2022 beplan Laerskool Laeveld verskeie geleenthede waartydens die 40ste verjaardag herdenk sal word.

Die tema is “Ons verf dit rooi” of “We paint it red!”

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button