Bergvlam se Sparki-konsert sorg vir groot vermaak vir oud en jonk
Ou bekendes (en meer) het hulle verskyining in dié konsert gemaak in die vorm van Rooikappie, Pinocchio, Peter Pan en Tinkerbell.

Van die Smurfs se remix na die trolle se 18 sekondes op die verhoog, tot Winnie die Pooh se olifant wat al die diere uit die moeras moet red terwyl Alicia Keys se “Just like Fire” regmaak om die verhoog op horings te neem.

Dít is hoe die Sparkis van 2022 die gehoor by vanjaar se Bergvlam-groentjiekonsert betower het.
Ou bekendes het ook hulle verskyining gemaak in die vorm van Rooikappie, Pinocchio, Peter Pan en Tinkerbell.
Die voëls van Angry Birds het die gehoor laat skater van die lag terwyl daar ook gesorg is vir groot vermaak geïnspireer deur die flieks Moana, Frozen en The Little Mermaid.

Die konsert op 1 Februarie is uitverkoop, en ‘n tweede vertoning wat gesorg het vir ‘n gegons in die stad, het ook spoedig uitverkoop.

Hierdie opvoering word ook gebruik as die graadagts se eerste praktiese drama-assessering en is deur ‘n paneel van kuns en ontwerponderwysers geasseseer, insluitend Alzette Immelman, Anseri Boje, Marinda Kok, en Lizel Thompson.

Die Drie Varkies, SpongeBob SquarePants en Lightning McQueen was beslis die gehoor se gunstelinge, en vir seker ook We don’t talk about Bruno.

Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
