VF Plus vra munisipaliteit vir meer voertuie vir verkeersafdeling
Die VF Plus het onlangs na die Mbombela Plaaslike Owerheid uitgereik om meer voertuie aan die verkeersafdeling op Hazyview beskikbaar te stel.

Volgens die politieke party beskik die verkeersafdeling tans oor net een voertuig per skof wat deur vyf beamptes gedeel moet word.
“Dit beïnvloed die effektiewe toepassing van verkeersreëls en -wette, en van sigbare polisiëring is daar nie sprake nie,” sê VF Plus-raadslid Ken Robertson.
Robertson het bygevoeg dat dit kan veroorsaak dat sommige padgebruikers eenvoudig die verkeersreëls en -wette verontagsaam, wetende dat daar net een voertuig in die gebied is. Die moontlikheid is dus skraal dat iemand aan die pen gaan ry, en Robertson glo dat die gevaar van roekelose bestuur sal toeneem.
LEES OOK: Barberton SPCA to close down at end of February
Die VF Plus het beplan om daarop aan te dring dat die munisipaliteit sy beleid vir voertuigpakkette vir gr. 11-werknemers en hoër in werking stel. Dit behels dat werknemers ingevolge ‘n spesiale vergoedingspakket ook hul private motors vir werksdoeleindes kan gebruik.
“Dit sal voertuigmisbruik deur werknemers verminder omdat dit gesamentlike eienaarskap van die voertuie toelaat en sal sodoende voertuiginstandhouding en verantwoordelikheid teenoor die vloot verbeter,” het Robertson gesê.
LEES OOK: Reports of fake test tickets for Springboks versus All Blacks doing the rounds
Die VF Plus het aangekondig dat druk voluit op die munisipaliteit uitgeoefen sal word om die beleid toe te pas en munisipale verkeersbeamptes in staat te stel om hul werk behoorlik te verrig om die veiligheid van padgebruikers te verseker.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
